Land se eerste kragsentrale sluit
Vaalweekblad van 6 September 1968 berig dat die oudste kragsentrale in Suid-Afrika, wat langs die Vaalrivier by Dickensonpark in Vereeniging gestaan het, gaan sluit.

Vaalweekblad van 6 September 1968 berig dat die oudste kragsentrale in Suid-Afrika, wat langs die Vaalrivier by Dickensonpark in Vereeniging gestaan het, gaan sluit. Dit was een van die bekendste bakens in Vereeniging en elektriese ingenieurs het tot in daardie stadium gereeld van heinde en ver gekom om dit van naderby te sien. Die kragsentrale is in 1912 gebou en was destyds een van die modernste in die suidelike halfrond.
Dit was ‘n belangrike kragopwekker vir die steenkoolmyne in die omgewing totdat die Vaal-, Klip-, Taaibos- en Highveld-kragsentrales mettertyd hul verskyning gemaak het. Met die ontdekking van goud in die Noordwes-Vrystaat het dié ou kragstasie ook krag aan sommige van daardie myne gegee.



