VANDERBIJLPARK. – ‘n Vrou is vanoggend lig beseer toe die taxi waarin sy ‘n passasier was, teen ‘n wit Nissan Almera gebots het.
Die ongeluk het in Frikkie Meyer boulevard by die ingang na die Riverview sentrum plaasgevind. Die Nissan het voor die taxi ingedraai en die vrou, wat agter die bestuurder gesit het, het haar kop teen die raam van die bestuurder se sitplek gestamp. Sy is deur ER24 personeel behandel en na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



