Mei se prag-bruide
VANDERBIJLPARK – Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie 2015 is volstoom aan die gang en die week verskyn die Mei-inskrywings. Daar word uit elke maand se inskrywings twee finaliste gekies.

VANDERBIJLPARK – Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie 2015 is volstoom aan die gang en die week verskyn die Mei-inskrywings. Daar word uit elke maand se inskrywings twee finaliste gekies.
Die bruidsjaar strek vanaf Januarie tot Desember 2015. Gedurende hierdie tyd sal die deelnemers se foto’s in Vaalweekblad gepubliseer en onderhoude gevoer word om die maandwenner aan te wys. Die maandwenners sal om die titel as Vaalweekblad se Bruid van die Jaar meeding en so die kans staan om nog groter pryse te wen. Bruide wat gedurende Mei getroud is, se tyd vir inskrywings raak nou min. Die sluitingsdatum vir hierdie bruide is Donderdag (25 Junie). Stuur ‘n e-pos aan Penelope van Vuuren by penny@media24.co.za.
Inligting wat ons saam met die foto moet ontvang is: die bruid en bruidegom se naam en van, datum van hul troue en ‘n kontaknommer vir die bruid. Ondernemings wat belangstel om as borge op te tree vir hierdie kompetisie, kan Penelope by (016) 950 7064 kontak.

















