LifestyleLocal newsNews

‘n Onverwagse geskenk van vrede, voorspoed en vrywees!

Soms kry Ster en Vaalweekblad onverwags 'n geskenk wat ons sommer hope nuwe inspirasie en baie vreugde gee!

 

Soms kry Ster en Vaalweekblad onverwags ‘n geskenk wat ons sommer hope nuwe inspirasie en baie vreugde gee!
Só ‘n geskenk wat onlangs met die pos gekom het, is ‘n mooi geel, versterkte koevert waarin die Vaaldriehoekse skilder Malene Wattenbach van Midvaal vir ons koerantpersoneel ‘n klein skilderytjie en ‘n gawe briefie gestuur het.
Dit lui:
Baie dankie vir my koerant, so getrou in my posbus elke week.
Hoop die prent is spesiaal vir jul almal wat so hard werk.
Die wolke het ek een dag vanaf my stoep gesien hier langs die Kliprivier waar ek bly en skilder.
Daar het daardie oggend baie klein swaeltjies verbygevlieg. Toe bid ek dat die Heer ons almal seën en vrede, vrywees en voorspoed gee.
Ons Vaaldriehoek is baie geseënd met reën hierdie jaar. Mag ons gebede duisendmaal soos vlinders oorvlieg na die Kaap en al die droë dele in ons land.
“As dit U wil is Vader, skenk reën vir dié wat so hoop en bid. Amen” – Malene Wattenbach.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button