EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNews

Hope plaas-genot wag by dié kontreimark op 1 Mei!

Gereelde besoekers kan weer gereed maak vir ‘n opwindende dag wanneer die Goeiehoek-kontreimark op 1 Mei plaasvind

 

 

Vir diegene wat nog nie dié genotvolle plaasmark bygewoon het nie, is die vakansiedag (Werkersdag) net die regte tyd om te gaan kennis maak.

Onder die interessante artikels wat by die kontreimark te sien sal wees, is unieke tuin- en patiomeubels.

Ander staalwerk soos spit- en oopvuurbraaiers van hoogstaande gehalte sal ook te koop wees.

As iemand nog nie van Goeiehoek se trots tuisgemaakte bok- en beesmelkkaas geproe het nie, weet hulle nie wat hulle misloop nie! Voeg daarby vars gebakte plaasbrode, nat beskuit, olywe, konfyt en fynproewersouse en jy het ‘n koningsmaal!

Handwerk, kuns, oudhede en vele meer sal ook by die meer as 100 stalletjies te koop wees.

Gebakte skaapkop bly ‘n delikatesse en om seker te maak jy draai nie teleurgesteld om nie, moet jy vooraf jou bestelling by Basie by 082 901 5727 plaas.

‘n Nuwe aktiwiteit is ‘n laser-kleiduif-skietkompetisie. Dit beloof om groot pret te wees.

Uitdaagspanne sowel as individuele deelname kan bespreek word by Jan by 074 182 3031.

Saam met elke mark gaan daar vanjaar ook ‘n bergfietsren plaasvind. Besoek www.cycleevents.co.za vir inskrywings en navrae of skakel 083 460 9338 of 078 316 6207.

Die organiseerders verwelkom steeds skenkings van Bybels en onbederfbare voedsel, bruikbare tweedehandse klere en huishoudelike artikels vir herverspreiding onder minderbevoorregtes.

* Padaanwysings na die plaas Bosrand waar die kontreimark op 1 Mei plaasvind: Neem die R42 vanaf Vereeniging na Heidelberg. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/Goeiehoekkruising. Na 4 kilometer vanaf die kruising, draai regs in die syaansluiting, rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op links ná die syaansluiting.

* GPS: S26°38’58.1 E28°06’50.0. Dit is teerpad tot by die plaasingang. Toegang is gratis. Skakel Annatjie by 083 541 9908 vir verdere inligting.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button