Local newsNewsPhoto GalleriesSchool

Boekwurms woel ook op sportgebied

Dié kleuterskool het sommer 'n hele klompie talentvolle atlete met hope potensiaal!

Boekwurm Kleuterskool in Sasolburg het sommer ‘n hele klompie talentvolle atlete. Dit is bewys toe die Boekwurmpies op Saterdag, 14 April, aan ‘n atletiekbyeenkoms vir kleuterskole by die DP de Villiersstadion deelgeneem het.
Die atlete het twee medaljes en agt trofeë verower, en het ook die trofee vir die skool in die algehele derde plek ontvang.
Volgens die skoolhoof, me. Ipsie Terblans, is dit ‘n voortreflike prestasie vir dié opkomende kleuterskool.

Die Boekwurmpies se afrigter, Ina Fourie (links) saam met die geesdriftige skoolhoof, me. Ipsie Terblans.
Wian Kapp was een van die Boekwurm Kleuterskool se uitblinkers by die atletiekdag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button