HealthLifestyleLocal newsNews

Plaaslike endoskopiese kliniek in Vaal help kanker voorkom

Daar is uitstekende wetenskaplike bewys dat sterftes as gevolg van kolonkanker tot 90% verminder kan word indien ‘n kolonoskopie van die boonste maagdermkanaal vanaf die ouderdom van 50 jaar elke 10 jaar op alle mense gedoen word

 

Retha Fitchat
Daar is uitstekende wetenskaplike bewys dat sterftes as gevolg van kolonkanker tot 90% verminder kan word indien ‘n kolonoskopie van die boonste maagdermkanaal vanaf die ouderdom van 50 jaar elke 10 jaar op alle mense gedoen word. Sodoende kan enige potensiële probleem betyds, maklik en vinnig behandel word.

Dit is juis om hierdie rede dat dr. Ben Rautenbach, nadat hy reeds semi-afgetree het, in 2017 sy endoskopie-kliniek van wêreldgehalte in die Vaaldriehoek geopen het, waar hy ‘n waardevolle bydrae lewer om dié gevreesde soort kanker te beperk of heeltemal te voorkom.

Dr. Rautenbach het vir 30 jaar sy privaatpraktyk as spesialis algemene chirurg in Mediclinic Vereeniging bedryf voordat hy semi-afgetree en sy nuwe kliniek vir kolon- en boonste maagdermkanaal-ondersoeke en prosedures in Wonderfontein, Sasolburg, geopen het.

Die doel hiervan was om aan algemene praktisyns en pasiënte ‘n diens te lewer van eerstewêreld gehalte. Sy goed toegeruste kliniek met die beste Fuginion gastro- en kolonoskoop, asook bykomende toerusting stel hom in staat om nie net diagnostiese ondersoeke te doen nie, maar ook prosedures uit te voer – waar moontlik deur endoskopiese toerusting.

Dit sluit onder andere in:

• Biopsies neem van verdagte letsels

• Toetsing vir Helicobacter-organismes in die maagslymvlies

• Poliepe verwyder

• Nie kwaadaardige tumore verwyder

• Vreemde voorwerpe verwyder

• Posisie van patologie merk indien dit chirurgies verwyder moet word

Meer gekompliseerde prosedures word ook hier uitgevoer, soos:

• Dilatasies van vernouings

• Plasing van “stents”

• Rubberband plasing vir esophageale spatare.

Na die ondersoek of prosedure kry pasiënte dadelik ‘n afskrif van die resultaat om aan sy of haar algemene praktisyn te oorhandig. Die verslag bevat verskeie foto’s van die ondersoek en patologie wat ook direk per e-pos aan die dokter en patoloog gestuur word.

“Die belang hiervan is dat almal kan sien wat ek tydens die ondersoek gesien het, veral die patoloog wat ‘n diagnose moet maak van enige patologie, en die chirurg indien enige operasie ter sprake is. Elke pasiënt word ook voorsien van ‘n volledige artikel wat handel oor sy of haar spesifieke probleem sodat pasiënte hul probleem beter kan leer ken en hanteer,” sê dr. Rautenbach.

Die rede dat die voorkoms van kolonkanker so dramaties verminder word deur ‘n kolonos-kopie is omdat poliepe wat in die kolon ontstaan en dan later kanker word, betyds raakgesien kan word. Die poliepe kan baie maklik tydens die prosedure deur ‘n snaar gevang en pynloos afgebrand word in die kliniek, waardeur die probleem dan verwyder en genees is.

Peptiese ulkusse, tumore en hiatusbreuke wat sooibrand veroorsaak, word ook tydens die prosedure gedokumenteer en korrek behandel deur middel van medikasie of chirurgie, waar aangedui.

Die kliniek skakel self jou mediese fonds en reël vir magtiging vir prosedures. Omdat die kliniek volgens mediese fonds tariewe werk, is daar geen bybetalings nie. Kontantpasiënte wat nie ‘n mediese fonds het nie, word teen baie billike tariewe gehelp, wat alles insluit.

Dr. Rautenbach en sy span sien u graag by die kliniek om te help. Vir afsprake, skakel: 081 357 7794.

Foto onder:  Die spesialis endoskopiese kliniek vir kolon- en boonste maagdermkanaal ondersoeke en prosedures. Die kliniek is geleë in Wonderfontein, Sasolburg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button