Local newsNewsNews

Vier dood in treinongeluk – Vanderbijlparkers

VANDERBIJLPARK. - Vier mense is Saterdag 12 Mei dood in 'n treinongeluk in Magaliesburg naby Krugersdorp. Die 5 insittendes was volgens voorlopige inligting van Vanderbijlpark. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

VANDERBIJLPARK. – Vier mense is Saterdag 12 Mei dood in ‘n treinongeluk in Magaliesburg naby Krugersdorp.

Die bestuurder van die Wit Toyota het vermoedelik by die treinoorgang op die R500 en Carltonville kruising voor die aankomende trein beland. Die ongeluk het na 15:00 gebeur. Die 5 insittendes was volgens voorlopige inligting van Vanderbijlpark. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

Drie vrouens, vemoedelik in hul vyftigs, is opslag dood. ‘n Man in sy dertigs is dood verklaar oppad na die hospitaal. ‘n Vyfde persoon het beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Vaalweekblad hou jul op hoogte!!!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button