Voetganger kritiek na ongeluk voor Vaal Mall
VANDERBIJLPARK. - 'n Vrou is 'n kritieke toestand nadat sy voor 'n voertuig beland het en ernstige beserings opgedoen het.
VANDERBIJLPARK. – ‘n Vrou is ‘n kritieke toestand nadat sy voor ‘n voertuig beland het en ernstige beserings opgedoen het.
Volgens die bestuurder van ‘n wit Volkswagen Polo was hulle van die Kentucky robot oppad in die rigting Vereeniging op die R42 Barrageweg toe ‘n jong kind skielik voor hom oor die pad hardloop. ‘n Vrou, vermoedelik die kind se ma, is agter die kind aan en het reg voor sy Wit Polo ingehardloop. Die vrou is etlike meters vêr deur die lug geslinger en het teen die kant van die pad geval. Die kind het nie seergekry nie en was reeds verby die aankomende voertuig.
ER24, Vaal Emergency Services en die Gauteng Provinsiale Ambulansdiens was op die toneel en het die vrou gestabiliseer. Haar been bokant die enkel is erg gebreek en sy het kopbeserings opgedoen. ER4 se ambulans het die vrou na die Sebokeng hospitaal geneem vir noodbehandeling. Die kind is deur omstaanders op die toneel getroos nadat sy onophoudelik gehuil het.
Die ligte op die stuk pad is alreeds vir ‘n geruime tyd buite werking en die nuwe teervlak het nog geen strepe nie.




