Sprankelbruide van 2018 moet inskryf
Is jy gedurende Januarie tot April vanjaar getroud? Dan is dit nou tyd dat jy jou foto vir ons stuur en vir die Bruid van die Jaar 2018 inskryf.
Is jy gedurende Januarie tot April vanjaar getroud? Dan is dit nou tyd dat jy jou foto vir ons stuur en vir die Bruid van die Jaar 2018 inskryf. Voornemende bruide wat vanjaar trou, moet ook onthou om in te skryf sodra hulle getroud is. (Ons gee gewoonlik so ‘n maand tyd sodat julle eers jul troufoto’s kan kry).
Bruide moet op die volgende let:
* Die bruidsjaar strek vanaf Januarie tot Desember.
* Gedurende hierdie tyd sal al die deelnemers se foto’s op Vaalweekblad se webblad gepubliseer word.
* Bruide moet die inskrywingsvorm voltooi en onderteken wat aan hulle per e-pos gestuur sal word.
* Onderhoude sal met bruide gevoer word en daar sal steeds twee finaliste per maand gekies word wat in Vaalweekblad gepubliseer sal word.
* Bruide moet in die Vaaldriehoek woon..
* Geen korrespondensie sal na afloop van die onderhoude en kompetisie gewissel word nie.
* Die beoordelaars se beslissing is finaal.
Bruide wat gedurende die tydperk getroud is, kan hulle foto’s nou vir ons instuur. Die sluitingsdatum vir hierdie inskrywings is 26 Mei.
Stuur ‘n e-pos na Penelope van Vuuren by pvanvuur@media24.com. Wanneer jou foto ontvang word, sal die inskrywingsvorm aan jou gestuur word.
Inligting wat ons saam met die foto (jpg-formaat) moet ontvang, is die bruid en bruidegom se naam en van, datum van hul troue en ‘n kontaknommer vir die bruid. Ons wag vir jou inskrywing!
* Besoek die aanlyn-bruideblad by die volgende skakel: https://vaalweekblad.com/bruid-van-die-jaar-2018/



