NewsNews

ELM-brand… waar was die brandweer?

VEREENIGING. - Na 'n vernietigende brand by die elektriese departement van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit in Duncanville uitgebreek het is die vraag op talle se lippe: Waarom het die brandweer nie vinniger reageer nie.

 

Luidens ‘n persverklaring wat deur Lehlohonolo Motloung, DA raadslid in Emfuleni, uitgereik is het ADT Security herhaaldelik probeer om nooddienste in die hande te kry. Toe hulle uiteindelik daar aankom het die brand reeds na die res van die gebou versprei.

“Daar is geen rede vir die vertraging in reaksie op die brand nie, veral nie as jy kyk hoe naby die Emfuleni-brandweer van die elektriese departement is nie. Die feit dat hulle nie vinnig genoeg gereageer het nie, dui op ‘n groter probleem in dié munisipaliteit. Ek sal wel die vraag aan die Raad vra om uit te vind wat die vertraging was. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit en die ANC laat die inwoners in die steek omdat hulle nie dienste kan lewer nie,” sê Motloung.

 

Brandweermanne van Midvaal-brandweer het ook kom help om die brand te blus.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het intussen ‘n ondersoek geloods om te bepaal wat die oorsaak van die brand was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button