EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Herontdek jou selfwaarde saam met Sonja en Coram Deo

Op Saterdag 26 Mei om 10:00 besoek Sonja die Coram Deo-familie in Oerdersingel, Sasolburg

 
SASOLBURG. – Wie ken nie die liedjies “Jantjie” en “Ek verlang na jou” nie? Sonja Herholdt is al dekades lank deel van ons Suid-Afrikaanse huishoudings.

Op Saterdag 26 Mei om 10:00 besoek Sonja die Coram Deo-familie in Oerdersingel, Sasolburg.

Sonja sê elke vrou het ‘n gawe om te kan omgee en versorg. Maar selde of ooit pas sy hierdie gawe op haarself toe. Sy stel altyd almal se behoeftes bo haar eie.

Om hierdie rede wil Sonja met haar motiveringsprogram ‘n geleentheid bied waar elke vrou ‘n bietjie op haarself kan fokus. Haar program “Die Hartklop van ‘n Pêrelvrou” is ‘n kombinasie van ‘n musiekprogram en ‘n motiveringspraatjie.

Sonja sal van haar bekende liedjies sin en vanuit haar eie ervaring oor vrouwees vertel. Sy raak aan temas soos selfwaarde, teleurstelling, hoop, geloof en waagmoed.

Sonja herinner haar gehoor aan die waarde van vrouwees.

Dat elke vrou kosbaar en spesiaal is en ‘n doel het om te vervul, sonder dat haar drome en ideale in die slag hoef te bly.

As hoogtepunt aan die einde van die program, gaan Sonja erkenning gee aan ‘n persoon in die gehoor vir die manier waarop sy haar buitengewone omstandighede oorkom.

Die program is propvol hoop en humor – opreg uit die hart.

Daar is ook geleentheid om lekker saam te kuier en te lag en sommer ook die vensters van die siel af te stof met ‘n traantjie of twee.

Kaartjies kos R50 en is beskikbaar by die kerkkantoor by (016) 9768146.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button