LifestyleLocal newsNews
Affies se netbalafrigters skitter
Die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg het beslis rede om te spog met hul uitblinker-netbalafrigters
SASOLBURG. – Die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg het beslis rede om te spog met hul uitblinker-netbalafrigters.
Mej. T. Stander is verkies tot spanbestuurder van die 0/17-Vrystaat Lynxspan. Mej. A. Janse van Rensburg is verkies tot skeidsregter van die 0/17-Jaguarspan en mev. C. Wessels tot afrigter van die 0/18-Cheetahspan. Mej. Janse van Rensburg en mej. M. Durant is ook deur die skool gelukgewens met hul uitmuntende uitslae tydens hul jaarlikse netbalgradering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



