News
Vereeniging motorfietsongeluk eis een
VEREENIGING. - 'n Motorfietsryer, vermoedelik in sy 40s, is gister dood na die motorfiets waarmee hy gery het, met 'n vragmotor gebots het.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder vir ER24, het die ongeluk omstreeks 01:30 in Houtkopweg, naby Voortrekkerstraat, plaasgevind.
Die motorfietsryer het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Die voorval word ondersoek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



