Local newsNewsNews

Van rommelstatus na rioolstatus (video en fotos – Jannie du Plessis)

Van rommelstatus na rioolstatus (video en fotos - Jannie du Plessis)

VANDERBIJLPARK. – As of dit nie genoeg is dat ons land die etiket dra van rommelstatus en ons eie dorp soos ‘n rommelhoop lyk nie, word die status seker nou nog laer geag na rioolstatus deurdat swak en verouderde infrastruktuur die Vaalrivier besoedel met rou riool.
Vanaf die uitdraai op die Ascot on Vaal pad duskant Bedworthpark lê rommel links en regs van Mario Milani rylaan gestort. Ry jy egter so ‘n kilometer aan met die pad het mens ’n tyd gelede rou riool reg langs die pad sien vloei. ‘n Slim plan van wie ookal (moontlik die munisipaliteit), was om die stroom riool te verberg en ‘n sloot van bykans 100m te grawe om die riool, sowat 5m vanaf die pad te weg te steek.
Die rou riool vloei reeds maande vanaf die pompstasie na ‘n mangat langs die pad, dan onder deur die pad en vandaar reguit na die Vaalrivier.
Tot dusvêr is daar nog geen poging van die Emfuleni munisipaliteit se kant om die probleem vir eens en altyd stop te sit. Vir die Vaalrivier en rivierbewoners is hierdie ‘n dodelike tydbom wat besig is om ons rivierstelsel en al wat leef uit die rivier en langs die rivier, se lewens te beïnvloed.
Wanneer die slaggate, rommelstrortings, waterlekke, krag situasie en rioolekke gaan stop weet niemand nie. Burgemeester Jacob Khawa het ‘n tyd gelede in ‘n televisie onderhoud op ENCA gesê hy gaan seker maak dat daar na al die probleme en veral die verouderde infrasturkture gekyk gaan word. Sien is egter glo! Net tyd sal leer wat daar egter nie veel van is nie voor erger probleme ons gemeenskap tref.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button