Gavin-moordverhoor: hof lewer uitspraak
VEREENIGING. - Die beskuldigde, Stephanus Klopper, wat tereggestaan het op aanklag van moord na hy die 19-jarige Gavin Victor op 7 Mei 2016 geskiet het, is vandag in die Vereenigingse streekhof skuldig bevind aan strafbare manslag en nie moord nie.
Klopper se vonnisoplegging sal egter eers gedurende Augustus plaasvind.
Volgens landdros Retha Willemse kon die staat se getuies nie aanvaar word nie en die getuies wat wel aanvaar kan word, soos die van dr. Schutte, bevestig egter wat Klopper in sy getuienis sê en ook wat op beeldmateriaal gesien kan word.
Klopper se regsspan het tydens die verhoor aangevoer dat hy uit selfverdediging opgetree het, terwyl die staat aangevoer het dit is moord met voorbedagde rade.
Hy is egter skuldig bevind aan strafbare manslag.
Lees volledige berig volgende week in Vaalweekblad
Lees ook: Gavin-moordeverhoor




