EntertainmentLocal newsNewsNewsPhoto GalleriesSportSport
EG stuit Valia-opmars
VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool EG Jansen het vanmiddag in Boksburg vir ‘n opskudding gesorg toe hy Transvalia met 43-24 geklop het. Die sege in die Virsekerbeker se Afdeling 1 kom as verrassing, veral as daar in ag geneem word dat Valia vir EG Jansen vroëer die seisoen in die Tuks-reeks met …
VANDERBIJLPARK. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool EG Jansen het vanmiddag in Boksburg vir ‘n opskudding gesorg toe hy Transvalia met 43-24 geklop het. Die sege in die Virsekerbeker se Afdeling 1 kom as verrassing, veral as daar in ag geneem word dat Valia vir EG Jansen vroëer die seisoen in die Tuks-reeks met 82-14 geklop het. Die haakbesering wat Zian de Jager, Valia se losskakel-generaal, twee weke langs die kantlyn hou, was ‘n groot terugslag. Vir die Vaaldriehoekers was dit egter ‘n geval dat niks vlot wou verloop nie, terwyl die rugbygode vir die Boksburgers geglimlag het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



