
‘n Verbyganger het op die gru-toneel, op die N11 tussen Marble Hall en Roedtan in Limpopo, afgekom en owerhede ontbied.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder vir die polisie het aan Maroela Media gesê met polisie se aankoms op die toneel het hulle ‘n 22-jarige vrou gevind met kneusplekke aan haar keel. Die liggaam van ‘n 37-jarige man het aan ‘n boom gehang.
Die vier maande oue seuntjie, vermoedelik die van die oorledenes, is in ‘n goeie toestand gevind en na ‘n plek van veiligheid geneem.
Die voorval word ondersoek.
Bron: Maroela Media
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



