Nou is dit weer dieselfde gat en ‘n boom
Nou is dit weer dieselfde gat en 'n boom

VANDERBIJLPARK. – Dieselfde dag wat ‘n groot slaggat op die voorblad van Vaalweekblad verskyn, gooi die Emfuleni Munisipaliteit die gat toe met grond en later die aand swaai ‘n Golf uit vir die hoop grond en ry ‘n boom uit.
Die Emfuleni Munisipaliteit het gereageer op ‘n berig wat Vaalweekblad gister Woensdag 6 Junie op sy voorblad gehad het waar twee voertuie in ‘n botsing betrokke was. Die munisipaliteit het egter dieselfde dag gereageer maar die gat met grond toegegooi. Die grond het egter bo die teervlak gelê.
Die ongeluk het gisteraand net na 19:00 gebeur. Die bestuurder van die Golf GTS, wat baie vinnig moes gery het, het uitgeswaai vir die gat en het die linker randsteen getref. Daarna is hy met sy Golf oor die middelman en het sowat 100m verder ‘n klomp vuilgoedsakke verwoes en ‘n boom heeltemal sowat ‘n meter bokant die grond afgery. Die bestuurder is nie beseer.
Volgens inligting sal die munisipaliteit egter vandag die gat met teer herstel.





















