Botsing tydens vroegoggend-spitsverkeer op R59
Die R59-snelweg by Vereeniging was vanaf omstreeks 06:00 vanoggend (15 Junie) vir ‘n tyd lank gesluit na ‘n botsing tussen ‘n sakeonderneming se bussie en ‘n Volkswagen Caddy. Hoewel die ER24-medikopter ‘n pasiënt hospitaal toe vervoer het, is die toestand van die betrokkenes tans nog onbekend. Die botsing het net voor die Voortrekkerafrit, rigting …

Die R59-snelweg by Vereeniging was vanaf omstreeks 06:00 vanoggend (15 Junie) vir ‘n tyd lank gesluit na ‘n botsing tussen ‘n sakeonderneming se bussie en ‘n Volkswagen Caddy. Hoewel die ER24-medikopter ‘n pasiënt hospitaal toe vervoer het, is die toestand van die betrokkenes tans nog onbekend. Die botsing het net voor die Voortrekkerafrit, rigting Vanderbijlpark, plaasgevind. ER24-personeel, Emfuleni Brandweer en Emfuleni Verkeer was gou op die toneel om bystand te lewer en die beseerdes met “lewenskake” uit die wrakke te bevry. Emfuleni Verkeer moes bontstaan om die druk oggendverkeer te reguleer en die pad tydelik te sluit sodat die medikopter kon land. Foto: Chris Smuts



