Dié week in Vaalweekblad (20 Junie 2018)
Vandeesweek se Vaalweekblad is op straat. Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of handelaar teen slegs R5-80.

* ‘n Jong pa sterf tydens ‘n bootwedvaart op Loch Vaal.
* Wat gaan regtig aan op die R59-snelweg? Is die chaos te wyte aan politiek, diensleweringsklagtes of gewone misdaad? Midvaal gaan R10 000 aanbied vir inligting wat tot die inhegtenisname van die skuldiges lei.
* Gaan Emfuleni sy smart meter projek kanselleer? En gaan die 9 000 huishoudings wat reeds op Smart Meters is dan sonder krag sit, want as die kontrak verval, is daar geen diensverskaffer meer om die kontrak te diens nie!
* ‘n Laaste eer aan Stefan Breet, die geliefde sakeman, pa, man, broer en vriend wat gesterf het na ‘n groot ongeluk op die R59.
* Nog ‘n geliefde inwoner van die Vaaldriehoek, tandarts Peet Naudé, word begrawe nadat hy stil in sy slaap gesterf het.
* Ankerskool neem ook afskeid van ‘n geliefde onderwyser wat die afgelope naweek sy stryd teen kanker verloor het.
* Onthou om hierdie week weer deel te neem aan Vaalweekblad se maklike blokraaisel en staan ‘n kans om groot pryse te wen!
* Onthou ook om te stem vir die oulikste Baba of Kleuter van die Jaar!
* Vaalweekblad se sportblaaie fokus hierdie week op die Sedibeng Valke-ligawenners in die laerskole-afdeling. Baie geluk aan al die waardige wenners!



