Reëlings vir Stefan Breet se begrafnisdiens
LET WEL: Die begrafnisdiens is Vrydag 22 Junie en NIE Saterdag soos wat in hierdie week se Vaalweekblad berig is nie.

Yvonne Breet van Niekerk, suster van wyle Stefan Breet wat tragies gesterf het nadat hy verlede week in ‘n botsing op die R59-snelweg betrokke was, stuur die onderstaande boodskap en reëlings vir sy begrafnisdiens. (Let wel, dit is VRYDAG en nie Saterdag soos wat in vandag se Vaalweekblad berig is nie):
Mis My – maar laat my gaan
Hier aan die einde van my lewenspad Het die son vir my finaal gesak.
Maar moenie huil en treur oor my O nee, wees bly: My siel is vry!
Mis my ‘n rukkie – maar nie vir lank met kop omhoog en geen hartseer klank. Onthou hoe het ons liefde ons lewenspad gebaan.
Mis my – maar laat my gaan.
Hierdie pad moet ons alleen stap en alleen moet ons elk die tog aanpak.
Dit alles is deel van God se Meesters plan op pad na waar die ewige die tydelike vervang.
So wanneer jy eensaam en hartseer voel laat vriende se liefde en troos jou oor spoel. In goed doen aan ander kan g’n droefheid bly staan Mis my- maar laat my gaan
Datum : Vrydag 22 Junie 2018
Tyd : 11H00
Plek : Bishop’s Bay
GPS: -26.767185,27.700115
LINK NA MAP
https://www.google.com/…/data=!3m1!4b1!4m5!3m4!1s0x0:0x0!8m…
Vir verdere navrae kontak : Louw van Niekerk Cell:082 567 1702.
As daar iemand is wat tydens die diens iets spesiaal wil sê, sal daar n geleentheid wees.
Romeine 14:8 –
“As ons lewe, leef ons tot eer van die Here, en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.”
Psalm 23:1,2 –
” Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
2Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.”




