HealthLifestyleLocal newsNewsNewsPhoto GalleriesSportSportSport

Jong pa sterf tydens bootwedvaart op die Vaalrivier

Jong pa sterf tydens bootwedvaart op die Vaalrivier

Wayne Gerber (27) saam met sy eenjarige
dogtertjie Avalee.

LOCHVAAL. – ‘n Jong pa van Meyersdal  in Alberton het Sondag 10 Junie sy lewe verloor nadat hy tydens ‘n bootresies sy nek gebreek het.
Wayne Gerber (27), pa van ‘n eenjarige dogtertjie, was ‘n penkragbootentoesias (inflatable racing) en ‘n kranige sportman. Hy het tydens die derde jaarlikse Ice-Block Nasionale- wedvaart by Loch Vaal tydens  en van die rondtes uit sy motorboot geval en onder dié van ‘n ander deelnemer beland. Volgens Shana Racheal Bellamy, wat reeds sewe jaar in ‘n verhouding met Wayne was, het hy en haar pa, Raymond  Bellamy (55), gereeld aan die byeenkoms deelgeneem. In 2016 en 2017 het hulle tweede geëindig en vanjaar het hulle in die eerste plek geëindig. Voorverlede Sondag het hy egter om ‘n draai uit die boot  agteroor geval terwyl Raymond agter die stuur was. Wayne het opgekom uit die water en is deur ‘n ander boot getref. Raymond het dadelik omgedraai en Wayne te hulp gesnel, maar hy het vermoed Wayne was reeds dood. Met die nadoodse ondersoek is bevestig dat Wayne se nek gebreek is en hy het ook hoofbeserings opgedoen. Hy is op die toneel deur paramediese personeel dood verklaar. Volgens die kommodoor van die Loch Vaal Bootklub, was dit net die penkragboot gedeelte van die Ice-Block-kompetisie wat deur die organiseerders van Ice-Block by hulle klub aangebied is. Die organiseerder van die Ice- Blockbootwedvaart, Barry Marx van Vereeniging, het aan Vaalweekblad gesê dit was die 12de jaar wat die wedvaaret op die Vaalrivier aangebied is.
Volgens Barry is dit ‘n tragiese ongeluk waartydens hulle een van hulle deelnemers verloor het. Die afdeling van die langbootwedvaart is Saterdag 9 Junie by die Emerald Resort en Casino gehou. ‘n  Gedenkdiensis op 20 Junie in die Christian Fellowship gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button