LifestyleLocal newsNews

Emfuleni-inwoners betaal vanaf Julie meer

Die volgende tariefverhogings gaan vanaf 1 Julie in Emfuleni geld

 
Die Emfuleni-stadsraad, wat die gebiede Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging insluit, moes dringende wysigings aanbring om die 2018/19-begroting te kon afhandel.

Die stadsraad het sy begrote inkomste van R6.2 miljard na R5.7 miljard verminder en die begrote uitgawes van R5.8 miljard na R5.4 miljard gesny.

Die geskatte invorderingskoers en gepaardgaande inkomste is egter vergeleke met die werklike syfers van die vorige finansiële jaar, steeds onrealisties.

“Emfuleni se geweldige hoë uitstaande debiteure en agterstallige skuld aan Eskom en ander krediteure kniehalter die finansiële volhoubaarheid van die munisipaliteit. Dit word nie deur hierdie begroting aangespreek nie,” sê VF Plus-raadslid Gerda Senekal.

“Die begroting spreek ook nie die verval van infrastruktuur aan nie. Tans is rioolpompe buitewerking en gereelde instandhouding word nie gedoen nie. Riool vloei dus vrylik in die Vaalrivier in,” sê sy.
Die volgende tariefverhogings gaan vanaf 1 Julie in Emfuleni geld:

Erfbelasting – 6.1%

Elektrisiteit – 6.84%

Water – 12.2%

Sanitasie – 12.2%

Vullisverwydering – 8%

“Hierdie buitensporige en onbillike verhogings gaan lei tot minder inwoners wat vir hul munisipale dienste kan betaal.

“ Die finansiële krisis van die munisipaliteit sal nie deur hierdie verhogings opgelos word nie. Beter finansiële bestuur en ‘n verantwoordbare regering is die enigste oplossing,” sê raadslid Senekal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button