Local newsNewsNews

Vrou onder taxi dood – (fotos en video)

VANDERBIJLPARK. - 'n Ongeluk vanmiddag in Hertz boulevard het die lewe van 'n vrou geeïs nadat die taxi waarin sy gery het, bo-op haar beland het.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk vanmiddag in Hertz boulevard het die lewe van ‘n vrou geeïs nadat die taxi waarin sy gery het, bo-op haar beland het.

Die ongeluk het vanmiddag 3 Julie net na 12:00 gebeur toe die taxi-bestuurder waarskynlik beheer verloor het oor die taxi en teen ‘n boom gebots het. Die taxi, met tussen 15 en 18 insittendes, het omgeslaan en ‘n vrou wat agter die taxi-bestuurder gesit het, het deur die ruit geval en onder die taxi beland. Omstanders het dadelik die taxi weer omgeslaan tot op sy wiele. ‘n Paramedikus van Gauteng EMS het hartmasering op die vrou toegepas maar sy is op die toneel deur ER24 Paramediese personeel dood verklaar. Volgens inligting is ongeveer 10 pasiente deur ER24 na die hospitaal geneem terwyl ten minste twee met privaat voertuie vervoer is. Vier pasiente is deur Gauteng EMS vervoer.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die saak.

VIDEO: Jannie du Plessis

 

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button