Solidariteit seëvier met afskaffing van aanstellingsbeleid
Solidariteit seëvier met afskaffing van aanstellingsbeleid

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn gunstige uitspraak in die uitgerekte SARIPA-saak gekry toe die konstitusionele hof Solidariteit gelyk gegee het deur te bepaal dat die lukrake toepassing van regstellende aksie tot ʼn end moet kom.
Die hofgeding was die gevolg van ʼn beleid wat die minister van justisie en die meester van die hooggeregshof ingestel het wat bepaal dat die aanstelling van likwidateurs uitsluitlik op grond van ras moet geskied.
“Met dié saak het ons ʼn streep in die sand getrek en gesê genoeg is genoeg! Dié rasbehepte benadering in plaas van ʼn meer omvattende en genuanseerde benadering gegrond op meriete en opleiding, was nie goed vir die land en sy burgers nie,” het Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Arbeidsreg-afdeling gesê.



