Entertainment

Begin stem vir Vaalweekblad se 2015-talentkompetisie

VANDERBIJLPARK. – MooiVaal Media en verskeie borge vat weer hande om die 2015 Vaalweekblad Talentkompetisie te loods wat unieke plaaslike talent ten toon stel. Vanjaar se kompetisie het reeds op 1 Maart begin en eindig op 30 September. Die Videos is nou op Vaalweekblad.com se webblad beskikbaar. SMS Die woord TALENT gevolg deur die nommer …

VANDERBIJLPARK. – MooiVaal Media en verskeie borge vat weer hande om die 2015 Vaalweekblad Talentkompetisie te loods wat unieke plaaslike talent ten toon stel. Vanjaar se kompetisie het reeds op 1 Maart begin en eindig op 30 September.
Die Videos is nou op Vaalweekblad.com se webblad beskikbaar. SMS Die woord TALENT gevolg deur die nommer van die deelnemer op die video. Bv. TALENT 16 na 45534. SMSe kos R1,50.
Die kompetisie word in vier kategorieë ingedeel:
Graad 1 – 3, graad 4 tot 7, graad 8 tot 12 en studente aan enige instelling in die Vaaldriehoek. Leerlinge en studente wat oor ‘n buitengewone talent beskik, kan ook inskryf.
Hoe om in te skryf:
Neem ‘n video van maksimum drie minute van jouself terwyl jy jou besondere talent uitvoer. Op die inleiding van die video noem jy jou naam en van, ouderdom, kontaknommer, skool of studie-instelling. Videogrepe kan in die volgende formate wees: (.mpeg, mpeg2 .MP4, .wmv, .mt2s of .mov). Aangesien talent nie net beperk is tot ‘n verhoogoptrede soos sang, voordrag of musikale instrumente nie, sal talent buite verhoogverband soos bv. ‘n sesjarige kind wat ‘n dubbele bolmakiesie kan doen op ‘n veilige gimnastiekmat, ook aanvaar word.
Lewer die inskrywing af op ‘n stokkie, CD of DVD by MooiVaal Media se kantore op die 1ste vloer van die Ekspa-gebou op die hoek van Attie Fourie- en DF Malanstrate in Vanderbijlpark. Inskrywings kan ook gepos word na Vaalweekblad Talent, Posbus 351, Vanderbijlpark, 1900. As jy oor ‘n YouTube- rekening beskik kan jy die video op jou YouTube laai en die skakel en jou besonderhede na vaalweekbladtalent@gmail.com e-pos. ‘n Voorbeeld van verlede jaar se inskrywings verskyn op die webblad www.vaalweekblad.com. Leerlinge wat nie oor videofasiliteite beskik nie, kan met Vaalweekblad reël om afgeneem te word. Onthou, kwaliteit, beligting en stabiliteit is deurslaggewend by die vervaardiging van ’n video. Die skool met die meeste inskrywings ontvang ook ‘n prys.Vir navrae stuur ’n e-pos na jannie.duplessis@media24.com.

Al die video kan besigtig word by https://vaalweekblad.com/3336/vote-for-the-vaalweekblad-talent-competition/

Die graad 1 en 2 inskywings vir die 2015 Vaalweekblad Talentkompetisie is die Waka Waka dans groep van Dixon Akademie
Die graad 1 en 2 inskywings vir die 2015 Vaalweekblad Talentkompetisie is die Waka Waka dans groep van Dixon Akademie.

Related Articles

 
Back to top button