Vrou doodgery – twee voertuie in ongeluk
VANDERBIJLPARK. - 'n Middeljarige vrou is vanoggend, Vrydag 13 Julie net voor 07:00, op die R27 onder die Rafterz-brug, in die rigting van Sasolburg, doodgery.
VANDERBIJLPARK. – ‘n Middeljarige vrou is vanoggend, Vrydag 13 Julie net voor 07:00, op die R57 onder die Rafterz-brug, in die rigting van Sasolburg, doodgery.
‘n Mazda3 het volgens inligting die vrou aan die linker voorkant van die voertuig getref waarna die bestuurder beheer verloor het en die voertuig begin rol het. Die Mazda het teen die agterkant van ‘n Nissam Navara gebots. Die voetganger is opslag dood en haar een been het sowat 50m van haar liggaam gelê. Sy is op die toneel deur ER24 paramediese personeel dood verklaar. Die bestuurders van die Mazda en Nissan is deur ER24 na nabygeleë hospitale vervoer vir behandeling.
Die Mazda het sowat 100m van die toneel teen die afrit-wal tot stilstand gekom. Die Nissan het ‘n ent verder gestaan. ER24 en polisie het die pad vir ‘n geruime tyd afgespêr en verkeer na Sasolburg moes van die op- en afrit by Ravenstraat gebruik maak om verby die toneel te kom. Forensiese spanne is tans op die toneel om die ongeluk te ondersoek.






