CommunityNewsNews

Man dood toe motor muur tref

'n Man in sy laat 20's is dood na die voertuig waarmee hy gery het 'n muur by die ingang van 'n lodge getref het.

Die voorval het vanoggend naby die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria plaasgevind.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder vir die Lyttleton-polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het net na 07:00 in Solomon Mahlangu-rylaan in Monumentpark plaasgevind.

Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en teen die lodge se grensmuur gebots. Die man het noodlottige beserings opgedoen, terwyl ‘n vrou, ook in haar 20’s, tydens die voorval beseer is. Sy is hospitaal toe geneem.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button