Local newsNewsNews

Bakkie afgeskryf na twee beeste doodgery word

VANDERBIJLPARK. - Daagliks word beeste, skape en bokke oor Nasionale en Provinsiale paaie gejaag na beter weivelde wat verskeie ongelukke en self noodlottige ongelukke veroorsaak.

VANDERBIJLPARK. – Daagliks word beeste, skape en bokke oor Nasionale en Provinsiale paaie gejaag na beter weivelde wat verskeie ongelukke en self noodlottige ongelukke veroorsaak.

Saterdagmiddag 14 Julie net so voor 17:00 het ‘n veldwagter beeste oor die R57, tussen die R553 en die afrit na die N1 oor die pad gejaag. Verskeie voertuie in die rigting van die N1 het gestop. Die bestuurder van ‘n Ford Ranger, met twee passasier, het egter besluit om verby te steek. Hy het twee beeste getref en het sowat 100m verder tot stilstand gekom. Nie een van die insittendes is egter beseer nie maar die twee beeste het gevrek.

In ag geneem dat ‘n bees selfs meer as 1100kg kan weeg, is die Ford Ranger totaal afgeskryf. Die polisie het op die toneel opgedaag en die bestuurder van die Ford is boonop nog vir dronkbestuur aangekla. Buiten dit het hy geen versekering op die voertuig nie.

Lewens van beide mens en dier is kosbaar en owerhede doen baie min om die oor en weer trekkery met vee oor ons land se paaie te bekamp. Menige noodlottige ongelukke het al in die verlede op die R42 Barrageweg en Karibastraat (Panpad) plaasgevind. Meeste van die tyd kom die eienaars van die vee skotvry daarvan af terwyl geliefdes begrawe moet word. Of die eienaar van die twee beeste, wat ook op die toneel opgedaag het,  vervolg gaan word, is onbekend.

FOTOS JANNIE DU PLESSIS EN JOHANNA STRYDOM

FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom
FOTO: Johanna Strydom

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button