Local newsNewsNews

Lyk onder voertuig na ongeluk

VANDERBIJLPARK. - 'n Ongeluk vanoggend Maandag 23 Julie in Ravelstraat (Stokkiesdraai pad) het die lewe geneem van 'n man nadat hy onder sy voertuig beland het.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk vanoggend Maandag 23 Julie in Ravelstraat (Stokkiesdraai pad) het die lewe geneem van ‘n man nadat hy onder sy voertuig beland het.

Die ongeluk het ongeveer 02:00 gebeur toe die man vermoedelik vanaf Vanderbijlpark in die rigting van Lochvaal op pad was en op die draai voor die Kompu Kart renbaan vermoedelik beheer verloor het oor sy voertuig. Die bestuurder is voor die renbaan se heining verby, het rakelings die inligtingsbord gemis en toe sowat 60m verder in ‘n dam geval wat ‘n tyd gelede as ‘n ashoop gebruik is. Tans is daar water in die dam en die Honda CR-V het op sy sykant te lande gekom op ‘n oop stukkie grond. ‘n Inwoner daar naby het die slag gehoor en die nooddienste ontbied. Die man is egter opslag dood en het onder sy voertuig gelê.

ER24 paramediese personeel het hom op die toneel dood verklaar terwyl die SAPD en Vaal Auto Craft etlike ure gewag het vir die forensiese spanne, waarna die voertuig omgerol is om die man se lyk te verwyder. Die toneel was eers ongeveer 4 ure later opgeklaar.

Die man se identiteit is egter op die stadium nie bekend nie aangesien die forensiese spanne geen identifikasie dokument in die voertuig gevind het nie.

LEES VAALWEEKBLAD 25 JULIE VIR MEER INLIGTING EN DIE IDENTITEIT VAN DIE MAN.

FOTO’S: Jannie du Plessis en Johanna Strydom

Googlemaps
Foto: Johanna Strydom
Foto: Johanna Strydom
Foto: Johanna Strydom
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis
FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button