HealthLifestyleLocal newsNewsNews

Visse vrek in Vaalrivier

VANDERBIJLPARK. - Na verskeie pleidooie deur verskeie organisasies en verskeie media berigte oor die rioolbesoedling deur Emfuleni Munisipaliteit in die Vaalrivier, het die Vaalrivierstelsel nou ineengestort en vrek die visse by die tonne.

VANDERBIJLPARK. – Na verskeie pleidooie deur verskeie organisasies en verskeie media berigte oor die rioolbesoedling deur Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit  (ELM) in die Vaalrivier, het die Vaalrivierstelsel nou ineengestort en vrek die visse by die tonne.

Nie net die vislewe is nou in bedreiging nie maar die bome langs die oewers en selfs die voëls begin vrek aangesien al hul voedsel vergiftig is. Ontspanningsgeriewe en oorde langs die rivier ly grootskaals onder die wanbestuur van ELM. Die oewer-eienaars, waarvan ‘n groot deel van die eienaars nie plaaslik woon nie maar vakansiewonings langs die rivier besit, is baie bekommerd en woedend oor die situasie.

Die feit dat infrastrukture nie instand gehou word deur onbekwame munisipale werknemers en geld tekorte is die hoofrede vir die verval van ons eens pragtige rivier. Vaalweekblad het die afgelope jare verskeie berigte geplaas van die agteruitgang van plaaslike dienste. ELM het hierdie pleidooie geïgnoreer.

Verskeie plekke is al geïdentifiseer as die oorsake onder andere die pompstasie by Mario Milani, Rietspruit rioolwerke, riole wat oorstroom in Drie-Riviere, Vereeniging, Vanderbijlpark en Parys. Riool wat oorstroom word direk in die stormwaterstelsel na die rivier geneem.

Die besoedeling van ons water strek vanaf Vereeniging, Vanderbijlpark en Parys en is vinnig op pad na die Bloemhofdam.

KYK GERUS HOE DIT LYK:

FOTO: FACEBOOK – Badwater in Parys
FOTO: FACEBOOK
FOTO: FACEBOOK
FOTO: FACEBOOK
FOTO: FACEBOOK – Pompstasies waar riool vrylik vloei.
FOTO: FACEBOOK
FOTO: FACEBOOK

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button