CommunityNewsNews

Grondonteiening: Dit is die plan

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagaand aangekondig dat die ANC die Grondwet gaan wysig om grondhervorming te versnel. Die besluit is geneem op die afgelope lekgotla van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Ramaphosa het gesê dit het duidelik geword dat die mense wil hê die Grondwet moet duideliker wees oor grondonteiening sonder vergoeding en dat die Grondwet, soos dit staan, nie grondonteiening sonder vergoeding verhinder nie.

“Die lekgotla het sy posisie herbevestig dat ‘n omvattende grondhervormingsprogram wat gelyke toegang tot grond sal verseker ekonomiese groei sal ontsluit deur meer grond in volle gebruik te bring en die produktiewe deelname van miljoene Suikd-Afrikaners aan die ekonomie sal toelaat. Die ANC sal deir middel van ‘n parlementêre proses ‘n voorgestelde wysiging aan die Grondwet finaliseer wat meer duidelik uitstippel onder watter omstandighede grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind,” het hy gesê.

Hy het ook gesê die voorneme van die voorgestelde wysiging is om herstel en ekonomiese ontwikkeling te verbeter en landbouproduksie en voedselsekerheid te verhoog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button