CommunityNewsNews

HELP: familie verloor alles in brand

VEREENIGING. - 'n Vernietigende brand het vanoggend by 'n huis in Porcupinestraat in Leeuhof uitgebreek. Die Corneelse-gesin het al hul besittings in die brand verloor.

Marie Corneelse was by die werk toe die brand by haar huis begin het. Haar dogter, Belinda en haar man asook hul twee kinders, waarvan hul babadogtertjie twee maande oud is, was in die huis.

Vriende en inwoners het Belinda, haar man en twee kinders gehelp om uit die brandende huis kom.

In die stadium het elkeen wat in die huis gewoon het, net die klere aan hul lyf, verder was alles in die slag.

Indien enige persoon of organisasie die familie in die tyd van nood kan bystaan kan by Marie 072 013 6312  of Clara by 074 4988 179 geskakel word.

Hulle benodig dringend die volgende: kos, klere, komberse, babadoeke, babaklere vir ‘n babadogtertjie van twee maande en skoolbehoeftes vir Martie se seun Kallie (15). Enige donasies sal in die stadium opreg waardeer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button