CommunityNewsNews

Vragmotor brand op R59

MEYERTON. - Vroegoggend het inwoners van Redan, Rothdene en Kookrus hulself na sosiale media gewend om uit te vind wat die ontploffing was wat hulle gehoor, en sommige selfs gevoel het.

Luidens inligting het een van Spar se vragmotors aan die brand geslaan op die R59, net voor die Redan-afrit, rigting Vereeniging.  Vaalweekblad dra egter nog nie kennis wat die oorsaak van die brand is nie.

Midvaal Brandweer is na die toneel ontbied.

Die linkerkanste baan is tans gesluit vir verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button