EntertainmentHealthLifestyleLocal newsNews

Senior burgers, kom kuier saam met Jeugland!

Heelwat interessante praatjies word weer hierdie maand aangebied

VANDERBIJLPARK. – Die Jeugland Dienssentrum vir senior burgers bied elke Donderdagoggend ‘n program by die Buitepossaal (ou Spectrum-saal) aan.
Dit sluit onder meer die neem van bloeddruk en toets van suikervlakke in. Tee en verversings word voorsien en interessante praatjies word ook aangebied. Op 2 Augustus was mnr. Stan Engelbrecht van Vereeniging se brandweer aan die woord om meer te vertel oor rampbestuur.
Die volgende praatjies word ook nog hierdie maand aangebied:
16 Augustus – Waardevolle inligting op voedsel-etikette (spreker: Carina Fourie, dieetkundige).
23 Augustus – Voordele van magnesium (Yolandi Gerber, Dis-Chem).
30 Augustus – Het ek werklik die kerk nodig? (Ds. Rothman, NG Gemeente Vanderbijlpark-Sentraal).
Die programme begin elke Donderdag om 09:30 en duur tot 10:30. Die koste is R10 per persoon en navrae kan gerig word aan me. Katinka Nel of me. Elchristie Oberholzer by (016) 933-3995. Alle senior persone is baie welkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button