Die Cousins gaan bewys ‘Local is Lekka’!
Suid-Afrika se skreeusnaakse Cousin, Barry Hilton, tree op 16 Augustus in Vereeniging op

VEREENIGING. – Wat was eerste – die hoender of die eier? En watter “Cousin” was eerste? Die grapjas Cousin Barry Hilton of bekende radioman Cousin Rick Emdin?
Op 16 Augustus om 19:30 kry die Vaaldriehoek ‘n kans om dié twee Cousins vir slegs een aand op dieselfde verhoog te sien wanneer Barry by Vereeniging Barnyard optree en Rick die seremoniemeester gaan wees.
Maar dis nie al nie… Die gewilde Vaaldriehoekse sanger, stigter van Local is Lekka en direkteur vir kunstenaarsontwikkeling vir SACMA in Suid Afrika, Vernon Muso, het ook sy gewig ingegooi.
Vernon bied “Local is Lekka” Donderdagaande by die Barnyard in Vereeniging aan en nooi plaaslike kunstenaars wat in die beginstadium van hulle loopbane is, om te kom deelneem. Die uiteindelike wenner sal ‘n opnamekontrak van Lava’Neur Musiek ontvang!
Van hierdie opkomende kunstenaars staan ook ‘n kans om ‘n show saam met ‘n groot naam in die vermaaklikheidsbedryf te doen… En dis juis die geval met die plaaslike groep “Victor Bravo”. Hulle sal op Donderdag 16 Augustus open voor Barry Hilton se vertoning in die Barn-yard. Kaartjies kos R150 per persoon. Besoek www.barnyardvereeniging.co.za vir meer inligting of skakel die Barnyard by (016) 454 8388.
* IFM 102.2, 90.6 FM Stereo, Vaalweekblad en Ster is gesamentlik mediaborge vir Barry Hilton se vertoning op 16 Augustus in ‘n gesamentlike poging om kunstenaars en vermaak in die Vaaldriehoek te bevorder.




