Photo GalleriesSportSportSport

Kom rol ‘n bol, dis ‘n jol

VANDERBIJLPARK. – Rolbal is ‘n sportsoort wat nie onderskeid tref tussen ouderdom of geslag nie. Dit is ‘n sportsoort wat enige iemand kan speel. Geen wonder dat die slagspreuke “One Sport for life” en “Bowls, the sport for all ages” die kern van Rolbal Suid-Afrika se bemarkingstrategie vorm nie. Dit is egter vreemd dat die …

VANDERBIJLPARK. – Rolbal is ‘n sportsoort wat nie onderskeid tref tussen ouderdom of geslag nie. Dit is ‘n sportsoort wat enige iemand kan speel.
Geen wonder dat die slagspreuke “One Sport for life” en “Bowls, the sport for all ages” die kern van Rolbal Suid-Afrika se bemarkingstrategie vorm nie. Dit is egter vreemd dat die sport nie aanklank onder die jeug vind nie.
Met dit in gedagte het Vanderbijlpark Dorp Rolbalklub skole vir ‘n skoleliga genader. Leerlinge van die Hoërskool Transvalia en Hoërskool Vanderbijlpark, laerskool Kollegepark, Eligwa en Totius het vroeër vandeesmaand aan hulle eerste oefensessie deelgeneem. Oudspelers en verskeie distrikspelers van Vanderbijlpark het as afrigters en keurders opgetree en baie talent is geïdentifiseer. Daar is nie ouderdomsgroepe nie en almal speel teen almal.
Na afloop van die eerste ronde wat Sondag plaasgevind het, is die Tornados van die Laerskool Eligwa die voorlopers. Die langtermyn strategie van dié toernooi is om ‘n span te kies wat teen ‘n Sasol-skolespan gaan speel. Daarna sal die Sedibeng o.15 en o.20-span gekies word wat Sedibeng by die Junior Inter-distriktoernooi in 2019 sal verteenwoordig. Sedibeng was verlede jaar die naaswenners en wil daarop verbeter. Die volgende ronde word op 26 Augustus om 11:00 by die Vanderbijlpark Rolbalklub gehou en die publiek word genooi om dit by te woon. Vir nadere besonderhede kan Louis Fourie by 079 149 1995 of Raymond Hocknell by 082 444 6500 en Raymond.hocknell@absa.co.za gekontak word.

Related Articles

 
Back to top button