Local newsNewsNews
13-jarige dood in VDBP-ongeluk
VANDERBIJLPARK. – ‘n 13-jarige dogtertjie is vanoggend dood tydens ‘n ongeluk in Frikkie Meyer Boulevard net na 07:00.
Paramedici van Netcare 911 is na die toneel ontbied. Met hul aankoms op die toneel het die taxi aan die kant van die pad gestaan en verskeie insittendes het op die toneel gelê. Die 13-jarige dogtertjie is op die toneel dood verklaar. Twee ander jong mans is in ‘n kritieke toestand per helikopter hospitaal toe geneem vir verdere mediese sorg. Die ander beseerdes is per ambulans hospitaal toe geneem.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
KLIK HIER VIR BERIG, VIDEOS EN FOTOS
https://vaalweekblad.com/36615/videofotos-13-jarige-leerling-dood-na-taxi-rol/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



