Voertuie deur Eco-park se heining – ses beseer
Voertuie deur Eco-park se heining - ses beseer
Jannie du Plessis
SASOLBURG. – Ses persone is gisteroggend beseer in ‘n ongeluk op die R57.
Die ongeluk het gisteroggend, 26 September ongeveer 06:30, langs die Bongani Mabaso EcoPark Nature Reserve gebeur. Volgens inligting was twee trokke en ‘n Fiat Punto betrokke. ‘n Man wat ‘n Mitsubishi Fuso tipper gery het, het volgens inligting lae bloedsuiker gehad en het voor die Fiat ingery. Daarna het die Fiat en die ander trok van DJ Afvalpapier beheer verloor en deur die Ecopark se heining gebars. Die Mitsubishi Fuso tipper was nie erg beskadig nie en kon verder ry.
ER24 en Vaal Emergency Care het ses pasiënte op die toneel behandel en na hospitale geneem vir behandeling. Die ongeluk word deur die SAPD ondersoek.











