LifestyleLocal newsNews

Mica Riverside spog met titel as ‘Brand Ambassador of the Year 2018’

Dis alles te danke aan die bestuur en 185 werknemers se harde werk en toewyding

 

 

 

VANDERBIJLPARK. – Mica ‘Brand ambassador of the year 2018’. Dit is die gesogte toekening wat Riverside Mica hierdie jaar ontvang het by ‘n spoggeleentheid wat onlangs by Wild Coast Sun gehou is. Dis alles te danke aan die bestuur en 185 werknemers se harde werk en toewyding, om die perseel van 5 000 m² ‘n gewilde een-stop hardeware-winkel te maak.
Nog ‘n positiewe punt wat Mica ‘n uitsonderlike hardeware-winkel maak en waar jy jou DIY inkopies kan doen, is die onlangse opknappings wat gedoen is om dit nog meer gerieflik te maak vir hul kliënte. Dit dra by tot ‘n warm en vriendelike atmosfeer, wat inkopies doen by Mica ‘n opwindende ervaring maak.
Die ligte-afdeling is ook ‘n lus vir die oog met die nuwe opgradering en kliënte word uitgenooi om die afdeling met sy pragtige lampskerms en kreatiewe beligtings-idees te besoek. ‘n Definitiewe moet om te sien en wat elke tuinliefhebber se drome sal bewaarheid, is die pragtige tuinafdeling, wat altyd ‘n groot verskeidenheid plante en blomme het om jou tuin in ‘n lushof te verander.
Besoek ook gerus Riverside Mica se verfafdeling waar jy ‘n groot verskeidenheid van Dulux, Duram en Plascon-verwe kan koop. Verf word ook gemeng volgens kliënte se behoefte. Daar is ook ‘n blinder-afdeling wat ‘n groot verskeidenheid bied om jou huis mooi te maak. Kom kuier gerus vir die opgeleide personeel wat vir jou die beste raad en advies sal gee. Jy sal dadelik welkom voel!
‘n Volledige bou-afdeling bied ook al die benodigdhede wat jy nodig het om enige huis of perseel op te knap. Daar is ook ‘n volledige loodgieterafdeling wat dit moontlik maak om al jou benodigdhede dadelik te bekom. Die vriendelike en bekwame personeel in die bou- en loodgieter afdeling staan reg om jou met die beste raad en advies te bedien.
Daar is ook ‘n houtafdeling waar hout volgens jou verlangde grootte gesny word, en ‘n “edging” masjien om die hout mooi af te rond.
Vir jou gerief bied Mica ook ‘n afleweringsdiens met hul vloot van 10 trokke.
* Jamie Maree, die eienaar van Riverside Mica, bedank graag sy personeel vir hul toewyding en lojale werk. “Hulle kan met trots hul koppe hoog hou,” sê hy. “Groot dank gaan natuurlik ook aan ons lojale kliënte wat dit vir Riverside Mica moontlik gemaak het om die toptoekenning as ‘Mica Brand Ambassador of the Year 2018’ te ontvang.”

 

 

NB! ONTHOU OM JUL MICA-BLOKRAAISEL WAT IN VAALWEEKBLAD VAN 26 SEPTEMBER VERSKYN HET, TE GAAN INDIEN BY MICA RIVERSIDE EN STAAN ‘N KANS OM ‘N GESKENKBEWYS VAN R1000 TE WEN!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button