Local newsNationalNews

Hengelaar in tent vermoor tydens naweek-uitstappie

'n Hengelaar van sowat 68 jaar het gisteraand gesterf nadat hy deur rowers oorval en aangerand is

 

‘n Hengelaar van sowat 68 jaar het gisteraand gesterf nadat hy deur rowers oorval en aangerand is.

Die oorledene en ‘n vrou van sowat 60 jaar het gister heeldag gehengel en was die aand in hul tent langs ‘n dam in Fochville, digby die Vaaldriehoek, toe hulle oorval is.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreek 23:00 gisteraand nadat hulle ontbied is, op die toneel aangekom en die man met verskeie noodlottige beserings aangetref. Die vrou het ook verskeie beserings gehad maar leef en is ernstig getraumatiseer.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede het die toneel bygewoon en sal dit verder ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button