NewsNews

Skokstok-saak – twee erken skuld

VANDERBIJLPARK. – Die beskuldigdes wat in hegtenis geneem is nadat ‘n 3-jarige seuntjie tussen Maart en Julie 2013 so erg met ‘n skokstok aangerand is dat hy van die pyn geskreeu het, het verlede week in die streekhof in die dorp skuld erken op ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. …

VANDERBIJLPARK. – Die beskuldigdes wat in hegtenis geneem is nadat ‘n 3-jarige seuntjie tussen Maart en Julie 2013 so erg met ‘n skokstok aangerand is dat hy van die pyn geskreeu het, het verlede week in die streekhof in die dorp skuld erken op ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die beskuldigdes, die seuntjie se ma en haar vriend ( die “stiefpa”), word op 30 September gevonnis. Hul name word op aanbeveling van die ombudsman weerhou. ‘n Video wat ten tyde van die skok-aanranding deur die ma se broer geneem is en waartydens die seuntjie deur die “stiefpa” met ‘n skokstok geskok is terwyl die oom en ma teenwoordig was, is later aan ‘n familielid, die welsyn en later aan die polisie oorhandig.
Die drie beskuldigdes is deur die ondersoekbeamptes, speur-adj.-off. Johan Reichert en speur-sers. Raymond de Klerk in hegtenis geneem. Dit het gevolg nadat hulle beeldmateriaal gesien het waar Van Wyk die kind herhaaldelik met die skokstok skok.
Die seuntjie se sussie is reeds ‘n paar jaar gelede, toe maatskaplike werkers ook ingegryp het, na ‘n plek van veiligheid geneem.
Daar is egter nie wetlik ‘n plig op ‘n buitestaander om so ‘n geval aan te meld nie, maar wel net ‘n morele plig. Volgens die wet is daar net met ‘n seksuele misdryf ‘n wetlike plig om dit aan te meld.
Die seuntjie se oom is egter nie vervolg nie, maar die moeder is wetlik aanspreeklik aangesien sy as ouer nie die voorvalle dadelik aangemeld het nie en selfs teenwoordig was ten tyde van die voorvalle. Die ma en “stiefpa” het egter berou getoon oor die dade. Ander aanklagte soos poging tot moord is tydens die hofsaak op 13 Augustus deur die staat teruggetrek. Die “stiefpa” het in sy pleitverduideliking aangevoer dat dwelms en drank vir die misdade verantwoordelik was. Die kind is met die plathand en vuis geslaan, geskop en met ‘n skokstok geskok. In ‘n ander voorval is die kind aan sy arm in die straat gesleep en sy toon is beseer. Die seuntjie is na die beskuldigdes se inhegtenisname op 26 Augustus 2013 in pleegsorg geplaas en is tans nog in pleegsorg. Volgens die staatsaanklaer wag hulle nou vir die korrektiewe verslag, waarna hulle dan gevonnis sal word.Die staatsaanklaer in die saak is Ruzindè Farmer, met landdros RobertButton op die bank.

Die plaaslike paartjie in die streekhof in Vanderbijlpark waartydens albei skuldig gepleit het op ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Foto: Jannie du Plessis
Die plaaslike paartjie in die streekhof in Vanderbijlpark waartydens albei skuldig gepleit het op ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Foto: Jannie du Plessis

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button