NewsNews

Nuwe gevaarlike middel in SA rede tot kommer

Ouers word gevra om hul kinders in te lig oor die nuwe middel wat Suid-Afrika aan die gons het.

Beeldmateriaal wat wys hoe tieners onder die gruwelike gevolge, wat na bewering sintetiese marijuana is, ly doen vandeesweek die rondtes op sosiale media. 14 Mense, insluitend ‘n 14-jarige skoolkind is sedert Sondag in die hospitaal opgeneem na hulle, na bewering, die onbekende middel gebruik het.

Die voorkoms van die middel is soortgelyk aan die van dagga, maar verskil geheel en al van die plant. Hoewel die middel tot dusver slegs in sekere dele aan die weste van Pretoria gevind is, word dit beskryf as lewens gevaarlik. Dit word ook ‘blazing’, ‘puff’, ‘crazy coconut’ en ‘herbal blade genoem. Die onbekende middel is onder meer by drankwinkels, tabakwinkels en selfs lekkergoedwinkels beskikbaar.

Sintetiese marijuana word beskryf as ‘n onnatuurlike samestelling van chemikalieë wat gemaak word om jou dieselfde gevoel as dagga te gee, maar die gevolge daarvan is baie gevaarlik. Sintetiese dagga, wat ook sintetiese cannabinoïede genoem word, is sintetiese chemikalieë wat op droë plantemateriaal gespuit word. Volgens die Nasionale Gesondheidsinstituut is sintetiese cannabinoïede deel van ‘n groep dwelms genaamd nuwe psigoaktiewe stowwe (NPS). Hierdie ongereguleerde verstandveranderende stowwe is nuut op die mark en beoog om dieselfde effekte as onwettige dwelms te lewer. (bron)

Die gebruik van sintetiese cannabinoïede kan lei tot ernstige psigotiese effekte, insluitende uiterste angs, verwarring, paranoia en hallusinasies, terwyl die gebruik van sintetiese marijuana ‘n vinnige hartklop, braking, gewelddadige gedrag, nierbeskadiging en aanvalle tot gevolg kan hê.

Kapt. Augustinah Selepe het ‘n verklaring uitgereik waarin die publiek teen die middel gewaarsku word.

Ouers word aangemoedig om enige verdagte pakkies te verwyder indien hulle dit vind. Verder moet ouers ook met hul kinders oor die nuwe middel praat en aan hulle die gevare verduidelik.

Die polisie is tans besig om toetse te doen om vas te stel wat presies die middel is.

 

Een van die verpakkings waarin die middel voorkom. Foto: The South African

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button