Local newsNewsNewsBreaking News
Leerlingbestuurder gee “gas” tot teen vragmotor
Leerlingbestuurder gee "gas" tot teen vragmotor
VANDERBIJLPARK. – ‘n Leerlingbestuurder was saam met haar instrukteur in ‘n ongeluk betrokke nadat sy vermoedelik die brandstofpedaal verwar het met die remme en met die ligte afleweringswa waarmee hulle geoefen het, teen ‘n vragmotor gebots het.
Die ongeluk het Woensdagoggend 14 November net voor 11:00 plaasgevind in Frikkie Meyer boulevard voor die ou lisensiekantore en toetsgronde. Beide die vrou en haar instrukteur is vir beserings behandel. Die polisie was ook op die toneel en ondersoek die saak.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



