Local newsNewsNewsBreaking News

Donker kruising weer oorsaak van ongeluk

Donker kruising weer oorsaak van ongeluk

VANDERBIJLPARK. – Die robot kruising by Barrageweg en die R57 (Kruising van die dood) is ‘n ongeluk wat wag om te gebeur.

Twee voertuie net na 21:00 Saterdagaand, 17 November, teen ‘n hoë spoed met mekaar gebots. Die bestuurders van beide voertuie is in ‘n ernstige toestand na die hospitaal vervoer deur ER24 en Vaal Emergency Care (VEC). Die ongeluk was tussen ‘n Dodge en ‘n Peugeot. Beide voertuie het net een insittende gehad. Volgens inligting het die besuurder van die Dodge die robot verontagsaam en teen die Peugeot gebots.

Die robot wat reeds ‘n geruime tyd buite werking is, asook die straatligte wat nie werk nie, kan die kruising vir oningeligte bestuurders nie gesien word as ‘n robot nie en het reeds verskeie ongelukke veroorsaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button