Brand verwoes skakelhuis
VANDERBIJLPARK. -‘n Brand het vroeg vanoggend 2 September een helfte van ‘n skakelhuis in Davy straat, Vanderbijlpark verwoes. Die tweede helfte het byna begin brand, was dit nie vir die brandweer wat dit verhoed het. Volgens inligting was die eienaar van die huis wat begin brand het, vroeg vanoggend uit en het bure gesukkel om hulle …

VANDERBIJLPARK. -‘n Brand het vroeg vanoggend 2 September een helfte van ‘n skakelhuis in Davy straat, Vanderbijlpark verwoes.
Die tweede helfte het byna begin brand, was dit nie vir die brandweer wat dit verhoed het. Volgens inligting was die eienaar van die huis wat begin brand het, vroeg vanoggend uit en het bure gesukkel om hulle in die hande te kry. Twee honde, ‘n Jack Russel en Boerboel wat verward in die erf rondgehardloop het, is deur ER24 personeel na die bure geneem vir veiligheid. Die oorsaak van die brand is nog onbekend maar omstaanders het aan Vaalweekblad vertel dat daar op ‘n stadium ‘n harde slag was. Niks in die skakelhuis kon gered word nie en alles is in die brand verwoes. Brandweer het in die dakruimte gespook sodat die brand nie verder versprei. FOTO’s: Jannie du Plessis












