Local newsNewsNews

Judy-moordenaars se borgaansoek gaan op 3 Desember voort

Moordenaars is 'n ontsnappings risiko

Jannie du Plessis- Vaalweekblad

VANDERBIJLPARK. – Snuffelhonde van die K9-eenheid het die plaaslike hofgebou die afgelope tyd verskeie kere deursoek voor die aanvang van die Judy Pienaar-moordsaak.

Die hof was vanoggend, 26 november, weer in chaos gedompel nadat die K9-eenheid weer die perseel deursoek het. Personeel en besoekers moes ‘n geruime tyd buite wag voor toegang verkry is. Die groot bekommernis was die verskyning van die vier beskuldigdes in die saak, Cebo Mngumi, Khumbulani Mahlinza, Mndeni Mabanga en Sibusiso Sibiya wat van die moord op Judy Pienaar (42) op 3 Augustus, aangekla word. Hulle het reeds verskeie kere in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Die staat staan die borgaansoek teen, aangesien al vier vaste adresse in KwaZulu-Natal het en die risiko dat hulle sal verdwyn, te groot is. Nog ‘n bekommernis van die staat is die veiligheid van die werknemers van die betrokke drankwinkel wat beroof is voor die moord op Judy.
Die vier word beskou as ‘n hoë risiko vir ontsnapping en verskeie voorsorgmaatreëls is tydens hulle vervoer vanaf die Leeuhof-gevangenis, asook in en rondom die hofgebou getref. Die vier staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die besit van ammunisie en verskeie ander aanklagte. Hulle het Dinsdag en Woensdag, 13, 14 en 16 November verskyn, waarna die saak tot 26 November uitgestel is.

Met hul verskyning op 26 November was verdagte twee, Khumbulani Mahinza, in ‘n hof in Kwa-Zulu Natal waar hy moes verskyn. Die plaaslike saak is as gevolg van die hofsaak uitgestel na 3 Desember.

FOTO: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button