Lourens Koster (24), ‘n dokterseun van Vereeniging, is blind gelaat in sy regteroog nadat hy op Saterdag, 1 September, helderoordag en sonder waarskuwing deur Cornelius Uys by River Palace aangerand is. Sy oogbal is in die proses middeldeur gesny en sy oogsenuwee en -lens is heeltemal vernietig.
Jannie du Plessis – Vaalweekblad
VANDERBIJLPARK. – Die saak teen Cornelius Adriaan Uys, wat verantwoordelik was vir die besering en verlies van Lourens Koster (24) se regteroog tydens ‘n onderonsie op 1 September by die River Palace uithangplek langs die Vaalrivier, is weereens uitgestel. Op Maandag 12 November is die saak uitgestel na 26 November en op 26 November weer uitgestel na 7 Januarie.
Uys word verteenwoordig deur Jan Storm, terwyl die saak deur landdros Kelaotsi behartig word. Me. Rucindi Myburgh is die staatsaanklaer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!