Hart eis bekende landdros
VANDERBIJLPARK. – ‘n Hartaanval het onlangs die lewe geëis van landdros Jan van Staden, wat die afgelope 23 jaar diep spore by landdroshowe in die Vaaldriehoek getrap het. Mnr. Van Staden was die oggend van 18 Augustus besig om klaar te maak vir werk toe hy ‘n hartaanval by sy huis gehad het. Hy sou …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Hartaanval het onlangs die lewe geëis van landdros Jan van Staden, wat die afgelope 23 jaar diep spore by landdroshowe in die Vaaldriehoek getrap het.
Mnr. Van Staden was die oggend van 18 Augustus besig om klaar te maak vir werk toe hy ‘n hartaanval by sy huis gehad het. Hy sou die volgende dag, 19 Augustus, 59 jaar oud word en ook sy huweliksherdenking van 26 jaar met sy vrou, Gisela gevier het.Volgens senior landdros Chris Allers van Vanderbijlpark het landdros Van Staden sedert 1992 in al die afdelings van die howe in Vanderbijlpark en Sebokeng gewerk. Die afgelope twee jaar was hy veral betrokke by die Kinderhof – ‘n taak wat hy met opvallende passie uitgevoer het weens sy groot besorgdheid oor kinders.“Hy was bekend as ‘n streng landdros omdat die hof as instelling so belangrik vir hom was en hy sy werk so toegewyd gedoen het. Jan het twee kante gehad: ‘n Diep, ernstige kant sowel as ‘n humoristiese kant. Hy was ‘n bobaas storieverteller,” sê landdros Allers. Wyle landdros Van Staden word buiten sy vrou, ook deur twee dogters, Ilze-Mari, ‘n apteker, en Andrea, ‘n mediese student, oorleef.




